Baie welkom by ons gemeente!
ADVENTTYD
Ons dink aan God se verskyning in Jesus aan ons as mense. God het mens geword en onder ons kom woon. Só het die lig van God se se teenwoordigheid vir ons deurgebreek.
Ons het elke Sondag ‘n erediens om 09:30 op Swellendam in die kerkgebou en om-en-by elke derde Sondag in die skoolkwartaal op Malagas om 09:30 (raadpleeg die almanak vir spesifieke datums).
Teken gerus in op ons YouTube-kanaal (Moederkerk Swellendam) vir alle eredienste en om in kennis gestel te word van ons nuutste aanlyn eredienste.
U kan ons mees onlangse eredienste hier sien ⬇️⬇️⬇️⬇️⬇️ .
12 Januarie – 1 Johannes 4
05 Januarie Matteus 4