Bedieningstruktuur

Die gemeente is, vir administratiewe doeleindes, in geografiese Wyke verdeel. Elke Wyk verkies ‘n Wyksouderling en Dienswerkers. Hierdie Wyksouderlinge en enkele -diakens vorm saam met die Voorsitters van ons Bedieningsgroepblokke ons Kerkraad. Die Kerkraad verkies jaarliks ‘n Kerkraadsvoorsitter, Leierouderling en drie Kommissievoorsitters. Die drie Kommissies van die Kerkraad is die Finanskommissie, die Eiendomskommissie en die Diensverhoudingskommissie.

Die Dagbestuur van die Kerkraad bestaan uit die Voorsitter van die Kerkraad, die Voorsitters van die Kommissies, die Leierouderling en die twee Leraars. Die Dagbestuur kom soos benodig bymekaar.

Elke kwartaal vind daar ‘n Kerkraadsvergadering plaas.