Vrouelidmatebediening

Tydens vrouelidmaat-byeenkomste word die vroue begelei op hul lewensreis. Jaarliks vorder ons ʼn Vroue-dankbaarheidsoffer in wat ons weer uitdeel aan verdienstelike organisasies soos Huis AA Tomlinson, die Herberg Kinderhuis op Robertson, Cooperstraat-projek, ACVV en die Dienssentrum asook Huis Adaliah.

Vroue voorsien ook elke Sondag pragtige blomme voor in die Kerk en  sorg vir die gesellige saamkuier na die diens by die Melk & Heuning “coffee shop”.

Ons wil graag ons gemeenskap en gemeente bedien met ons gawes.