Kindersorgbediening

Hierdie bediening het ten doel om betrokke te raak in kinders se lewens, veral in die breër gemeenskap en hulle geestelike en fisiese behoeftes aan te spreek. Die bediening neem ook verantwoordelikheid vir die Herberg-Kinderhuis op Robertson, waarvoor ons Ringsgemeentes in besonder verantwoordelik is.

  • Wintermaande span aksielede hul kookvernuf in deur middel van sop te kook vir die honger magies.SAM_0802-1
  • Jaarliks loods ons die Sakkie-vir-Pakkie Projek. Houers met sakkies vir die doel word by die uitgang van die Kerkgebou beskikbaar gestel. ‘n Versoek word tot gemeente gerig om, sou dit ‘n behoefte in u hart wees, ‘n sakke te neem en dan die produkte, soos op die nota versoek, weer terug te besorg.  SAM_0826-1
  • Insamewerking met Moedergemeente Vrouaksie word ‘n Damesoggend beplan. Opbrengs van die oggend word aangewend vir noodsaaklike items bv. Nagklere, onderklere en wat die behoefte mag wees.SAM_0841-1
  • Kleuters word aan aksielede toeverdeel wat kleuters met geskenkies en nodige behoeftes bederf.SAM_0821-1
  • Insamewerking met die Vrouaksie word daar ‘n Damesontbyt beplan. Die opbrengs van die ontbyt word deur die Vrouaksie geskenk aan die Kinderhuis.SAM_0801-1
  • Weggooi doeke word aangekoop wat gebruik word gedurende uitstappies.SAM_0816-1
  • Aan die begin van elke jaar word daar ‘n behoefte bepaling gedoen wat betref linne en meubelment. Daar is reeds 5 stelle lakens aangekoop. Die volgende projek sluit in aankoop van duvetoortreksels vir die kleuterseuns asook 2 houteetstoeltjies.SAM_0808-1
  • Maart word ‘n “egghunt” aangebied wat insluit springkasteel en ligte ete. Elke kleuter kry ‘n geskenkpakkie om die prêt dag aftesluit.
  • Die breiprojek het vanjaar vroeg afgeskop met truitjies, wolmussies en serpies. Die gemeentelede maak hul harte oop met hul handewerk.
  • November word die jaarliks Kersfeesboom gehou wat die tradisionele kersboom en geskenkies insluit. Pret aktiwiteite deur middle van speletjies en lekker eetgoed word aangebied.