Senior Lidmatebediening
Ons onthaal graag die seniors 65 en ouer deur ʼn wykstee, gemeente-tee, ontbyt of middagete aan te bied. Ons neem ook graag ons seniors op uitstappies en reël sprekers vir spesiale geleenthede.
Met Kersfees deel ons gebakte koekies aan die inwoners van oue tehuise uit.
Persone bo 80 word persoonlik met ʼn kaartjie geluk gewens.
Boek voorlesings vind ook weekliks in ouetehuise plaas.