Musiek- en Sangbediening

Ons is verantwoordelik vir die musiekbegeleiding in die erediens. As groep probeer ons om met sensitiwiteit om te gaan met verskillende spiritualiteite in die gemeente. Dit is dus vir ons belangrik dat ons verskillende musiekstyle en musiekinstrumente in die erediens inkorporeer, terwyl ons steeds getrou bly aan die identiteit van die gemeente. Gemeentesang en koorsang is sentraal tot ons aanbidding.